Die storie van Afrikaanse musiek
Afrikaanse musiek weerspieël die diversiteit van die Afrikaner: Sedert die tagtigerjare was daar nie alleen tradisionele Boeremusiek benewens populêre musiek (soos veral vervat in die Huisgenoot Skouspel) nie, maar ook alternatiewe strome. Waar populêre musiek (byvoorbeeld Bles Bridges, Cora Marie, Janita Claassen, Rina Hugo en Carike Keuzenkamp hulself toegespits het op die vermaaklikheidsaspek van musiek, het alternatiewe kunstenaars (byvoorbeeld Piet Botha, Bernoldus Niemand, Koos Kombuis en Johannes Kerkorrel) sosiale kommentaar gelewer op Apartheid en Afrikaneridentiteit. Belangrik in voor-1994 Afrikaanse musiek is ook kunstenaars soos Laurika Rauch, Anton Goosen, Coenie de Villiers, Lucas Maree en Koos du Plessis
wat hulself beywer het vir die skryf van kwaliteit musiek en lirieke,
alhoewel hulle selde direkte sosiale kommentaar gelewer het.
No comments:
Post a Comment